HOENDERADDER


HOENDERADDER
400 gram hoendermagies
400 gram hoenderlewertjies
1 eetlepel balsamiese asyn
1 eetlepel suurlemoen sap
2 eetlepels suiker
1 teelepels sout
1 lang skoongemaakte vetderm
1 teelepel gemaalde swartpeper
100 gram gekapte spek

Maak die lewer en magies mooi skoon en kerf in klein stukkies en laat lĂȘ ‘n rukkie in soutwater.
Spoel mooi skoon af en dreineer soveel moontlik water af.
Meng dan al die ander bestanddele by behalwe die derm.
Stop dan die mengsel in die vetderm en bind die punte toe met stukkie tou.
Braai op stadige kole tot lekker gaar.
Foto en resep: Gideon Louw