HOENDER SOSATIE MARINADE
Ek het die hoendersosaties gemaak vir vanaand se braai.
Ek het eers genoeg hoenderdytjies en boudjies ontbeen.
Ek het toe twee marinades aangemaak en die vleis in twee gedeel en vir elk ‘n marinade gemaak.
Die gemarineerde vleis het ek oornag in die koelkas geplaas en vanoggend oppie stokkies geryg saam met groen en rooi soetrisise en stukkies ui.
Verskoon tog maar my tupperware bakke maar hulle werk tog te lekker. 😂😂
Marinade 1:
4 eetlepels hoogvol mayonnaise
1 eetlepels Italian herbs
1 teelepel sout
2 eetlepels suiker
1 teelepel gemaalde swartpeper
300 ml plain jogurt
30 ml olyfolie
Meng alles saam en meng met die vleis en laat oornag in koelkas.
Marinade 2:
½ koppie heuning
½ koppie olyfolie
½ koppie dijonmosterd
1 teelepels chillieflakes
1 teelepel swartpeper gemaal
1 teelepel Italian herbs
½ teelepel sout
Meng alles saam en meng goed met die vleis en laat oornag in koelkas.
Resepte en foto: Gideon Louw