HOENDER EN PYNAPPEL GEBAK
Braai +-2 kg hoenderstukke met so 3 naeltjies, hoender speserye en uie wat fyn gekap is.
Plaas in oondvaste bak.
Plaas die volgende in ‘n voedselverwerker:
1 geel peper
1 rooi peper
So duim lengte gerasperde gemmer
1 medium pynappel
Maak alles lekker fyn.
Plaas die volgende in ‘n koppie:
½ koppie blatjang
¼ koppie soja sous
¼ koppie heuning
Meng goed.
(Pas die 3 bestanddele aan na u smaak)
Voeg by jou pynappel mengsel en meng goed deur.
Gooi oor jou hoender en bak oop vir so 1 ½ uur teen 150°C tot hoender gaar en sous heerlik dik is.
Dié word nou bedien met gebraaide rys.
Resep en foto: Natacha Visagie