EEN BAK HOENDERGEREG
ongeveer 12 stukke dye en boudjies (Groot pan)
Gooi ‘n laag rou Basmati rys onder in die bak.
Pak die hoender porsies op die rys en sit die volgende tussen die hoender:
1 botterskorsie, in skywe
aartappels, in blokkies
gekapte uie
rooi en groen soetrissie, gesny
sampioene, gekerf
geelwortels, geskil en in blokkies gesny
Maak ‘n sous van die volgende:
2 liter water
8 groot lepels mayonaisse
4 groot lepels blatjang
2 pakkies hoendersoppoeier
hoenderspeserye
bietjie fyn naeltjies
Meng alles saam en gooi oor hoender en groente.
Maak bak toe met foelie en bak by 180°C vir om en by 1 ½ uur.
Haal foelie af en bak ‘n verdere 10 minute tot bruin.
Resep en foto: Petré van Jaarsveld
Tweede foto en prutpot idee: Frans van Rensburg – Ek het vandag Petre se “Een bak hoendergereg” waarvan resep op die blad is, en wat eintlik in oondpan moet kom net so in my slow cooker gemaak. (Op high vir 5 ure. Maak net seker aartappel is sag.) Heerlik! Resep net so gebruik. Genoeg vloeistof. Alles perfek vir slow cooker. Ek het gewone Tastic rys gebruik. Dankie Petré!
geskuif