DIDDLE DADDLE SPRINGMIELIESTROOP
1 eetlepel margarien
200 ml karamel geur bruinsuiker
3 eetlepels water
Voeg die bestanddele in ‘n klein potjie. Roer dit tot die mengsel begin kook. Sit deksel op en kook vir 3 minute sonder om te roer. Dit is reg wanneer daar niks suiker teen die pot se rand sit nie. Gooi die stroop oor 4-5 koppies klaar gespringde springmielies en roer dit vinnig deur.
Laat dit so rukkie afkoel dan breek jy dit uit mekaar uit.
Ek het dit in die yskas geplaas om koud te word. Was heerlik.
Foto: Juanri Van Der Walt