ALTA SE KERRIEVIS MET ‘N VERSKIL


ALTA SE KERRIEVIS MET ‘N VERSKIL
Kabeljou, geelbek of geelstert, stokvis kan ook gebruik word, stokvis bietjie droog omdat daar nie graat in is nie, want die ander vis vlek ons net aan een kant, sodat die dik graat aan vis bly, dit gee die jellie as die vis ‘n paar dae staan, sodat kerrie sous kan deurtrek.
2 kg  vis van bo genoemde in mooi porsies gesny, sout vis na smaak
Skil 6 uie en sny in dik ringe
Ek gebruik my plat AMC of Bastill pot vir pak en tyd aspek. Gooi helfte van uie onder in kastrol, pak vis met vleiskant na onder mooi by mekaar, dan weer laag uie, weer ‘n laag vis.
Probeer 2 de laag vis in teen oorgestelde rigting lê (vir sous om deur te beweeg wanneer dit kook).

SOUS :
2 koppies wit asyn
1 koppie suiker
2 hoogvol eetlepels appelkoos konfyt
1 teelepel sout of meer na smaak
paar stukkies kassia stokkies
komynsade en ster anys
lourier of suurlemoenblare
1 eetlepel borrie
1 eetlepel kerrie (kry myne klaar gemeng – medium mix by ons Indier)

Meng alles saam met suiker en asyn, gooi oor vis, sonder deksel, bring tot kookpunt, sit deksel op. Kook vir 15 min, haal af  van die stoof af en skep in glas bak of erde bak met ‘n deksel. Laat heeltemal afkoel en bedek.  Bêre vir ± ‘n week  in die yskas voor bedien word.
Resep en foto:  Alta Gunter Van Dyk