AARBEI OF PYNAPPEL YSKASTERT
250 ml room
½ blik kondensmelk
500 g pynappel/aarbei jogurt
1 pakkie jellie pynappel/aarbei
1 pakkie tennisbeskuitjies
80 – 100 ml gesmelte botter
1 pakkie gelatien
Maak koekies fyn in menger, gooi gesmelte botter by en druk dit onder in die bak dat dit ‘n kors vorm (ps ek het my bakke gespray and cook)
Meng jellie en ‘n koppie kook water, roer goed tot dit opgelos is.
Meng jogurt en room en klits saam vir so 10 minute.
Gooi dan by die jelliemengsels en klits weer goed deur vir 5 minute.
Neem die pakkie gelatien en los op in bietjie kookwater roer dit dan in jou mengsel in.
Gooi die beslag oor die kors en sit in yskas tot dit stol.
Ek het crushed pynappel gedreineer en saam met die pynappel beslag gemeng.
Toe my terte gestol is, het ek woolies se berry desert sauce oor my aarbei tert gesmeer en die kors krummels wat oor gebly het oor my pynappel tert gestrooi!
Resep en Foto: Lorraine Lolla Mouton