SOUTTERT MET RYK KAASKORS


SOUTTERT MET RYK KAASKORS
Die kors is Petré Van Jaarsveld se resep en dis heerlik. Die vulsel maak jy na gelang van jou smaak of waarvoor jou mense lief is.
Verhit oond op 180ºC.

Kors:
100 g meel
100 g botter
100 g gerasperde Cheddarkaas

Ek het ‘n bietjie gerookte paprika bygesit vir ekstra geur.
Verwerk vinnig in voedselverwerker tot ñ bol deeg vorm. Druk die deeg met jou vingers onder in ‘n tertbord en teen die kante. Plaas in yskas terwyl jy die vulsel maak.

Vulsel:
Kies waarvan jy hou –
gekapte gaar bacon
gebraaide ui of preie (leeks)
gebraaide green peppers
gebraaide sampioene
gesnyde gerookte ham
enige worsies
gaar hoender
gaar maalvleis
rissies
spinasie en Fetakaas
Gebruik jou verbeelding. 😀

Plaas jou gaar vulsel bestanddele in die kors. Klits 2 – 3 eiers saam met omtrent 50 ml melk of room wat met sout en peper gegeur is. Gooi oor vulsel en sprinkel ‘n klein bietjie kaas oor. Versier met klein tamaties indien verkies. Die kors is reeds ryk, so net ‘n klein bietjie kaas is nodig. Sprinkel met gerookte Paprika of gemengde gedroogte kruie.
Bak 30 minute en kyk of mooi bruin. Kan nog so 3 min gee vir mooi goudbruin kleur.
Ek gaan van nou af net hierdie kors gebruik, want dis almal se nuwe gunsteling. 😁
Foto en resep:  Louise Groenewald