OORSKIET ONTBYT


OORSKIET ONTBYT
4 eiers, geklits
1 vark nek tjop, in skyfies gesny
2 stukke gebraaide wors, in stukke gesny
4 peppadew, opgesny
2 snye roosterbrood vir opdien
sout en peper na smaak

Plaas geklitse eier in pan met botter of klapperolie wat ek gebruik het, plaas al die bestanddele bo-oor en laat gaar stoom/bak.
Sit voor op geroosterbrood of net so.
Resep geplaas deur Walter Bender
Foto: Walter Bender