MARMITE KOEK


MARMITE KOEK
60 ml (¼ koppie) olie
2 eiers
125 ml (105 g) suiker
500 ml (270 g) bruismeel
10 ml(2 teelepels) bakpoeier
2,5 ml (½ teelepel) sout
250 ml(1 koppie) melk
250 ml (80 g) cheddarkaas, gerasper

Voorverhit oond tot 180°C en spuit vierkantige 23 centimeter-oondbak met kleefwerende sproei.
Klits olie, eiers en suiker tot lig en donsig.
Sif meel, bakpoeier en sout saam.
Vou meelmengsel en melk beurtelings by eiermengsel in. Vou gerasperde kaas laaste in.
Skep beslag in oondbak en bak vir 35 minute tot goudbruin en gaar.

SOUS:
125 ml (120 g) botter
30 ml (2 eetlepels) Marmite/Bovril
125 ml (40 g) cheddarkaas, gerasper

Smelt botter en Marmite/Bovril.
Sit oond af, haal warm koek uit oond en prik vol gaatjies. Gooi gesmelte bottermengsel oor koek.
Sprinkel gerasperde kaas oor koek en sit terug in warm oond om te smelt.
Sny koek in netjiese blokke en bedien.
Resep Lelane Van Der Walt