KOPERPENNIE BOONTJIESLAAI


KOPERPENNIE BOONTJIESLAAI
1 kilogram droë suiker boontjies
2 middelslag soetrissies, ontpit en sny in stukkies
2 uie, gekap
Kook boontjies tot amper gaar. Dreineer en voeg soetrissie en uie by.
Meng deur.

Meng volgende sous:
1 pakkie (82 g) tamatiesop
250 ml water
200 ml wit asyn
125 ml kookolie
250 ml suiker
10 ml Worcestersous
5 ml droë mosterd (of 7 ml aangemaakte mosterd)
sout en peper na smaak

Kook sous en roer aanhoudend tot kookpunt en kook dan vir 2 min.
Gooi sous by boontjies en meng goed deur. Sit terug op stoof laat sous deur kook.
Bottel warm.
Resep Nicolette Papas