KOEKPANSMEER SJOKOLADEKOEKIES


KOEKPANSMEER SJOKOLADEKOEKIES
KOEKPANSMEER
Klits  die volgende saam:
115 g bak margarien
125 g sonnebloolie
70 g koekmeel
Bere die smeer in ‘n lugdigte houer in die yskas.
Smeer met ‘n kwas op bakplate.

SJOKOLADEKOEKIES
230 g botter by kamertemperatuur
½ koppie strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
2 en ‘n kwart koppie koekmeel
½ koppie mielieblom
½ koppie kakao
knippie sout

GANACHE
1 koppie room
15 ml botter
500 g donkersjokolade
koekstrooisel

Verhit oond en smeer bakplate met koekpansmeer.
Klits botter en stroosuiker tot lig.
Sif meel, kakao, mielieblom, sout saam.
Meng die meelmengesel by die bottermengsel, druk bymekaar sonder om die deeg te oorwerk.
Meet deeg af in 15 ml bolletjies, rol rond en pak op bakplaat.
Druk ‘n holte met ‘n koeldrankdoppie vir die ganache in die bolletjie.
Druk diep maar nie reg deur nie.
Bak die koekies 8-12 min by 180 ºC.
Sodra die koekies uit oond kom druk weer die doppie om holte oop te maak.
Laat goed afkoel voor jy dit vul.

GANACHE
Verhit die room en botter 1-2 min in mikrogolf.
Kyk na elke 30 sekondes dat die room nie kook nie.
Giet die gekapte sjokolade by en roer tot gesmelt, moenie weer mikrogolf nie.
Skep holtes vol en versier met koekstrooisel.
Bere koekies in lugdigte houer in yskas.
Nota:  Werk versigtig met die koekies hulle is baie “broos”.
Foto en nota: Frieda Greyling