BRAAIPAAI VAN GEWONE DEEG


BRAAIPAAI VAN GEWONE DEEG
3 koppies koek en broodmeel, gemeng
½ pakkie gis
5 ml sout
25 ml suiker
375 ml lou warm water
10 ml olie

Meng alles en knie goed.
Laat rys, knie af en laat weer rys.
Verdeel die deeg in 2 en rol dit uit in sirkel of vierkant.
Plaas een sirkel op ‘n skinkbord en plaas vulsel op.
Ek het spek, wors en uie gebraai, 2 soorte kase gerasper en klein tamatietjies in helfte gesny en alles gemeng.
Skep op deeg en los ‘n rand van 2 cm, smeer die rand met water.
Sit die ander deeg sirkel bo-op en druk vas met ‘n vurk.
Braai stadig oor matige kole tot deeg gaar is.
Resep en foto: Freda Greyling