BIEFSTUK IN DIE PRUTPOT


BIEFSTUK IN DIE PRUTPOT
750 g biefstuk met ‘n halwe koppie koekmeel, sout en peper, gekap.
2 uie, gekap
Sous:
50 ml tamatiesous
50 ml Worcestersous
25 ml Bisto
25 ml maizena
1 blokkie beef-ekstrak
750 ml kookwater

Gooi sout en peper oor die vleis. Kap dit dan met ‘n piering in die koekmeel. Braai die uie apart in ‘n bietjie olie. Maak die sous aan in ‘n beker. Pak dan die vleis, gebraaide uie en sous in lae. Sit ‘n deksel op. Bak in oond op 150°C vir 3 ure of in die prutpot vir 6 ure.
NOTA:
Ek het 2.5 kg “tenderised steak” gebruik met 6 uie. Die sous bestanddele het ek dubbeld aangemaak met net 1 liter kookwater. Ek het my oondresep gebruik en net bietjie aangepas.
Resep en foto: Emsie Paulsen