TUNAWIEL MET TUISGEMAAKTE DEEG


TUNAWIEL MET TUISGEMAAKTE DEEG
Deeg:
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
5 ml suiker
100 ml olie
125 ml melk
125 ml kaas, gerasper

Vulsel:
1 blik tuna, gedreineer
2 eiers, hardgekook en fyn gekap
1 klein ui, gerasper
25 ml mayonnaise
sout en peper
30 ml pietersielie

Sif die meel, sout en bakpoeier en voeg suiker by. Klits die olie en melk en sny met ‘n mes in by meelmengsel. Meng die kaas in en vorm n deeg. Meng intussen die tuna, eiers, ui, mayonnaise, sout, peper en pietersielie. Rol die deeg uit op ‘n meelbestrooide oppervlak. Sprinkel vulsel bo-oor. Rol die deeg op en sny 2 cm wiele. Pak op gesmeerde bakplaat en bak 20 minute by 180°C.
WENK: Losboom koekpan se plaat werk lekker in halogene oondjie, spuit dit met spray ‘n cook.
Resep en foto: Frieda Greyling