PADDA IN DIE GAT MET ROU WORS
200 ml ongesifte koekmeel
1 ml sout
1 eier
125 ml melk
125 ml water
500 gram rou boerewors
15 ml botter
Meng al die bestanddele behalwe die wors en botter saam.
Laat beslag 1 uur rus.
Voorverhit oond tot 180 ºC
Prik die wors en plaas dit in ‘n oondvaste bak. Stip met botter.
Verhit dit in die oond tot goed warm.
Giet die beslag oor die warm wors. Bak dit sowat 45 min lank.
Foto: Benhet Nieuwenhuis