GRANADILLA YSKAS TERT


GRANADILLA YSKAS TERT
1 pakkie suurlemoen jellie
1 blikkie ideal melk
½ koppie suiker
1 bakkie granadilla pulp
Tennisbeskuitjies

Maak pakkie suurlemoen jellie met koppie kook water aan en laat afkoel.
Klits 1 blikkie ideal melk wat oornag in yskas verkoel is tot lekker dik.
Voeg ‘n halwe koppie suiker bietjie-bietjie by terwyl jy klits.
Gooi nou jellie en bakkie granadilla pulp by en meng goed maar liggies deur.
Pak tennisbeskuitjies en tert vulsel in lae – eindig met tert vulsel.
Versier met mousse of gekrummelde beskuitjies.
Plaas in yskas tot gestol.
Resep geplaas deur Natacha Visagie
Foto: Natacha Visagie