GEBAKTE CAMEMBERT
Ek dog ek sal my gebakte Camembert met julle deel. Dit is ALTYD lekker as mens mense het wat oorkom. Amper soos ‘n vinnige kaas fondue. So maklik en vinnig.
Bolangse blatjang mengsel:
2 eetlepels blatjang
1 hand vol okkerneute
gedroogte bosbessies of rosyne, opsioneel
skilferkorsdeeg
Ek gebruik my eie blatjang, maar enige soet blatjang sal doen.
Kap ‘n die okkerneute op en meng die blatjang daarby.
Meng die gedroogte bosbessies of rosyne kan ook by as jy so verkies.
Pak die bolaag bo-op die camembert kaas soos op die foto.
Koop klaar gemaakte skilferkorsdeeg en maak seker die hele kaas is bedek met die deeg.
Smeer met geklitste eier, plaas op ‘n oondplaat en bak vir 20 -25 minute op 160ºC.
Om te bedien: Ek sit dit in ‘n bord wat ‘n bietjie van ‘n randjie het sodat die kaas kan uitloop.
Party mense doop sommer beskuitjies of brood stokkies bo in of jy kan dit sny met ‘n mes en begin van die een kant af eet.
Resep en foto: Kyle Jansen
geskuif