BRUIN BROODJIES


BRUIN BROODJIES
Vandag die bruin broodjies gebak vir n “bunny chow” burger vir Gali en sommer ‘n broodslaai vir my, ek dood oor brood. Die brood wat ek uitgeskep het sommer blokkies gesny en in olie gebraai vir die slaai.
500 ml bruinmeel
500 ml witmeel
250 ml volkoringmeel
250 ml oats
3 ml sout
350 ml louwarm water
40 ml gouestroop
50 ml olie
1 pakkie gis

Meng die water, stroop en olie.
Meng droë bestanddele en voeg vloeistof by.
Meng tot hanterbare deeg, voeg vloeistof by indien nodig en knie baie goed.
Laat rys en knie dan weer af.
Smeer pot of broodpannetjies en verdeel deeg.
Laat weer rys en bak tot gaar by 180°C.
Foto: Frieda Greyling
Resep geplaas deur Frieda Greyling