1

ADELLE SE EKONOMIESE HOENDERPASTEITJIES


ADELLE SE EKONOMIESE HOENDERPASTEITJIES
Dit hang af hoeveel jy wil maak.
1 medium tot groot hoenderborsie
1 ui
3-4 sampioene
¼ groen soetrissie, in blokkies gekerf
400 ml hoenderaftreksel
1 pakkie van jou keuse van sop, sampioen, room hoender of wit ui
1 pakkie pofdeeg
6 aluminium pastei bakkies, indien gebruik
lui huisvrou deeg

Kook die hoenderborsie heel en vlok dit.
Braai die ui tot goudbruin.
Jy kan die sampioene en groen soetrissie, opsioneel bysit.
Gooi van die hoenderaftreksel by so 400 ml.
Meng die pakkie sopv an jou keuse in ¾ koppie kouewater om klonte uit te roer. (Ek hou van die wit uie).
Laat dit prut tot sous dik word.
Sny die pofdeeg in 6 vierkante. Voer 6 aluminium pastei bakkies of muffin pan met 6 groot muffin bakkies uit. Skep vulsel in tot 8 mm van bo. Gooi lui huisvrou deeg oor.
http://www.foodloversrecipes.com/2013/06/die-lui-huisvrou-pasteideeg-slapdegie/
Vou die hoeke van die deeg vierkante na binne. Bak 20 min op 180ºC (Tot deeg mooi pof).
6 Pasteie is vullende ete vir 3 volwassenes sonder bykos of vir gesin van 5-6 met skyfies of slaai by.

Nota:  Sny die pofdeeg vierkantig en dan hang dit oor ente van ronde bakkie. Ek gooi lui huisvrou deeg oor en vou hoeke van pofdeeg binnetoe. Dit seël nie heeltemal nie. Maar ek hou van die skilferdeeg wanneer dit so pof en bruin bak, so ek sny nie die ekstra deeg af nie. Dis ook meer ekonomies om net 1 pak skilferdeeg te gebruik as 2. Die resep werk so R30 uit vir 6 pasteie (teenoor R90 as jy 6 vleispasteie in winkel koop).
Resep en foto:  Adelle Gascoyne