6 BESTANDDELE 1 BAK WONDER HOENDER


6 BESTANDDELE 1 BAK WONDER HOENDER
6 hoenderboudjies
1 koppie rou rys
2 koppies hoender aftreksel
gemengde sout/peper na smaak
1 handvol sampioene
1 koppie gemengde groente

Braai buitekante van boudjies bietjie bruin in pan op die stoof (karameliseer) en strooi genoeg sout/pepermengsel oor. Gooi rou rys onder in oondbak, top met groente, sampioene bo op en plaas halfgaar hoender bo-op. Gooi warm aftreksel oor alles, bedek en bak teen 180 ÂșC vir 1 uur 15 minute. Die gereg is verskriklik maklik, heerlik en goedkoop. Dis ‘n stapel go-to in my huis as niemand lus is vir kook nie maar honger is.
Resep: Kiti Citi