VARKNEK MET GROENTE
Iets vir diegene wat ‘n weber en rottisserie het.
Varknek (myne was 1.9 kg )
Hasty tasty sweet and sour ginger and onion sous
Butter nut, marrows, rooi uie, geel en rooi peppers
Royco sweet and spicy apricot kook-in sous
sout en peper
Weber kersie hout “firespice”
Baste en spuit die varknek in met die hasty tasty sous.
Kap die botterskorsie, murgpampoentjies en uie in blokke van so 2 x 2 cm en plaas die groente in ‘n foelie bak, voeg die “cook in” sous by die groente en sprinkel bietjie sout en peper oor die groente.
Sit ‘n hand vol “firespice” in ‘n houer met kook water. ( Dit laat die hout nat word en sodoende rook as jy dit op die kole sit)
Steek die weber se vuur aan, maak gebruik van jou “fire chimney”. As jy nie een het nie, maak seker dat jy jou kole net aan een kant van die weber maak. Ek maak gebruik van die indirekte hitte metode as ek iets op die rottisserie sit.
Sodra jou vuur reg is, sit die varknek op die rottisserie en maak seker hy is mooi vas.
Jy gaan jou rooster op die weber nodig hê sodat jy jou groente daarop kan sit. Gooi dan die nat “firespice” bo op die kole en plaas alles in jou weber braai.
Die groente word met die foelie bak direk onder die rottisserie gesit, sodat genoeg sous dan oor die groente drip. Sowat ‘n half uur nadat jy die varknek opgesit het, kan jy dit weer smeer met die hasty tasty sous.
Sodra die interne temperatuur van die varknek tussen 75 en 80 ºC is, sal die varknek reg wees. Dit het myne presies ‘n uur en 50 minute gevat om gaar te word. Jy los die groente solank as wat jy die vleis los, dit sal gaar wees.
Resep en foto: Gerhard Opie Pretorius