SPEEL KLEI


SPEEL KLEI
My dogter maak die resep vir kinders in haar klas.
2 koppies maizena
1 koppie haarversagmiddel (conditioner)
paar druppels koek kleursel

Gooi die versagmiddel in die bak, drup ‘n paar druppels kleursel daarby, meng die maizena by.
Meng dit totdat so dik blob vorm dit is sysagte klei en ruik vreeslik lekker.
Ons verpak dit in zip lock sakkies binne ‘n roomysbak.
Resep: Miemsie De Klerk

2 BESTANDDELE KLEI – MOON SAND
8 koppie meel
1 koppie baba olie

Meng goed.
As dit te droog is na jou sin, kan jy nog olie by gooi.
Resep en foto: Anzelle Du Plessis
Mens kan blinkers bysit vir die mooi.

Antionette Britz
As jy ornamentjies wil maak wat moet droog.
4 koppies koekmeel
1 ½ koppie sout
1 ½ koppie water
Meng en vorm jou vormpies, sit neer om droog te word.