KOBUS SE JELLIE KAASKOEK
Jy kan die resep verdubbel as jy ‘n dikker tert, of vir meer mense moet poeding gee.
Jy kan die kaaskoek in individuele glasie maak in plaas van ‘n jellieringvorm, en opdien met styfgeklitste room en/of bessies of aarbeie
1 pakkie jellie, enige geur
125 ml kookwater
250 ml room
250 g roomkaas, by kamertemperatuur
Los die jellie in die kookwater op. Laat afkoel. Klits die room tot styf. Klits die roomkaas tot sag. Voeg klein bietjies van die afgekoelde jellie daarby en klits goed na elke byvoeging. Vou die styfgeklitste room liggies in. Gooi die mengsel uit in ‘n jellieringvorm en laat in die yskas om te stol.
Resep geplaas: Kobus Theunissen