ANEEN SE SOUTTERTJIES
Die resep is baie lekker vir kleintertjies. Sit ook nie vas in pan nie.
Korslose souttert:
1 blik viennas, fyn gesnipper
1 blik soutvleis, gepluis
450 ml melk
500 ml gerasperde kaas
125 ml koekmeel
3 eiers, geklits
1 ui, gekap
5 ml elk sout, mosterdpoeier en gedroogte pietersielie
Meng alles saam en bak op 180ºC tot gestol en ligbruin.
Kan as groot tert of as klein tertjies gebak word.
Resep: Aneen Ferreira
Foto’s en Nota: Amanda Scholtz Mostert
Aneen se souttertjies is heerlik.
Ek het die resep dubbel aangemaak, maar ‘n enkele keer sal ook baie wees.
Die kinders het van dit as middagete geeët.
(Dit het effens vas gesit.)
Geskuif.