MAALVLEIS MET GROENTE GEREG
4 aartappels, vooraf gaargemaak en in skywe gesny
650 g maalvleis
1 klein ui, in skywe gesny
1 pakkie Royco savoury gravy
50 g tamatie puree
1 x 250 g pakkie gevriesde gemengde groente (kan dit meer maak)
Aromat, sout en peper, na smaak
gerasperde Cheddar kaas, na smaak
Maak sous aan volgens aanwysing op pakkie.
Soteer ui in pan en voeg maalvleis, tamatie puree, sout en peper by. Kook vir ongeveer 10 min (ek het my groente die laaste 5 minute bygesit).
Skep in oondbak en druk die skywe aartappels in die vleis. Strooi Aromat oor en gooi gerasperde kaas bo-oor. Bak teen 180°C tot goudbruin en borrelend. Hou maar dop dat dit nie te droog word nie, laat net die kaas smelt.
Foto: Stien Rust
Resep geplaas deur Stien Rust