JOHAN SE DURKY SOUS


JOHAN SE DURKY SOUS
3 pakkies x 7 g crushed chilies met voedselverwerker fyner geslaan
20 ml baie fyn gekerfde uie
15 ml fyn knoffel vlokkies
50 ml bruin suiker
7.5 ml sout
5 ml paprika
7.5 ml mielieblom
300 ml water
200 ml wit asyn
2.5 ml olyf olie

Gooi alles saam in pot, roer en bring tot kook sodat suiker oplos. Laat prut vir 10 minute op lae hitte. Laat afkoel en bottel. Geniet dit.
Nota:  Dit brand nie is, net pikant. As jy wil hê hy moet brand gooi rooi peper (Cayenne pepper) of Peri Peri by.

Foto: Johan Coetzee