HOENDER A LA KING MET TARRAGON
Gisteraand se Hoender a la King met tarragon gegeur en met heerlike groot groenslaai bedien met pynappel, feta, gebraaide spek stukkies, tamatie, komkommer, vars koljander blare, sprietuitjies en eenvoudige slaaisous van avokadopeer olie (suurlemoen) en rys asyn.
2 groot hoenderfilette, in lang dun repies gesny
250 g vars wit sampioene, halveer
1 soet groenpeper, in dun repies gesny
250 ml vars room
15 ml mielieblom, in bietjie melk opgelos
tarragon (opsioneel* vars of gedroogde kruie)
gaar pasta vormpies, tagliatelle of rys
Braai eers die groenpeper en sampioene in bietjie olie tot amper gaar. Haal uit die pan en hou eenkant. Braai nou die hoender repies vinnig tot begin verbruin en amper gaar. Gooi die sampioene en groenpeper by asook die tarragon en die room. Laat prut tot die room begin verdik en bedien dadelik op warm pasta of rys. Hierdie gereg is ook lekker saam met krakerige ciabatta brood en ‘n slaai bedien.
Resep en foto: Elsabie Templeton