1

GEMMERBIER MET LION BIER


GEMMERBIER MET LION BIER
SOOS DIE OUMENSE DIT GEMAAK HET
24 koppies water
½ teelepel kremetart
1 teelepel suurdeeg (klein pakkie)
1 ½ tot 2 eetlepel fyn gemmer
1 groot handvol rosyne
½ teelepel wynsteensuur
4 koppies suiker
½ teelepel lemoenessens
½ koppie suurlemoensap
1 blikkie Lion bier

Meng alles behalwe bier en laat staan vir ongeveer 24 uur.
Voeg bier by, meng goed en gooi gemmerbier deur ‘n doek.
Bottel en laat koud word.
Baie lekker!
Resepte uit rusoord se herinneringe geplaas deur – Rina Kleinhans