DADEL-EN-KAASTERTJIES
125 g skilferkorsdeeg
18 gekapte dadels
375 ml (1 ½ koppie) gerasperde Cheddarkaas
1 ml (¼ teelepel) neutmuskaat
Stel oond op 240°C (475°F).
Rol die deeg uit in 12 sirkels.
Meng die dadels, 250 ml (1 koppie) van die kaas en die neutmuskaat.
Skep teelepelsvol dadelmengsel op elke sirkel.
Maak die rande van die deeg klam en vou dit oor die vulsel. Druk die randjies styf vas.
Verf elke tertjie liggies met water en strooi die res van die kaas bo-op. Bak dit in die voorverhitte oond totdat die tertjies bruin en bros is – ongeveer 10 minute lank.
Energie vir jou kosbaarste, in ‘n kosblik!
Resep geplaas deur Petronella Kleintjie Botha Pieterse