SPAGHETTI EN FRIKKADELLE
500 g maalvleis
1 medium ui, fyngekap
1 eetlepel oats
sout na smaak
spice for mince na smaak
½ teelepel crushed garlic
1 eier
Meng al die bestanddele saam en maak balletjies. Ek het dit in die wok pan gepak en so bruin gebraai. Geen olie nodig nie, want die non stick wok en die bietjie vet in die maalvleis braai die balletjies mooi bruin.
Ek het ‘n bottel pasta sous gevat en oor die maalvleis balletjies gegooi en stadig geprut totdat die maalvleis balletjies gaar is.
Kook spaghetti tot gaar. Haal die maalvleis balletjies uit die sous uit. Gooi die spaghetti in die sous in en meng goed deur sodat die pasta goed bedek is met die sous. Skep die pasta op en rangskik die balletjies bo-op. Rasper kaas oor en bedien.
Foto: Juanita Vermeulen