RYSSLAAI MET SAMPIOENE
Kook 1 koppie rys saam met 1 hoederblokkie tot gaar en droog. Laat een kant staan.
1 ui, gekap
1 tamatie, geskil pitte verwyder en gekap
1/2 groen ,rooi en geel soetrissie, gekap
1 koppie wit sampioene, opgesny
1 koppie bruin sampioene, opgesny
6 repies skouer spek, gesnipper
olie om in te braai
1 eetlepel sojasous
1/2 teelepel borrie
sout en peper na smaak
Braai die ui in bietjie margarine tot sag voeg tamatie by en braai nog ‘n bietjie. Hou eenkant.
Braai sampioene tot gaar. Hou eenkant.
Braai soetrissie en spek tot gaar.
Voeg res van bestanddele daarby en braai nog 1 min.
Voeg die rys by en roer goed deur.
Geur met sout en peper.
Bedien warm of koud.
Resep geplaas deur Johan Snyder