JUANRI SE MAKLIKE TUNA TERT


JUANRI SE MAKLIKE TUNA TERT
2 eiers, effens geklits
1 blikkie tuna
1 koppie melk
3 eetlepels meel (hoog op geskep)
1 ui fyn, gekap
1 teelepel wocestersous
peper en sout na smaak
1 teelepel bakpoeier (hoog op geskep)
1 koppie gerasperde kaas

Voorverhit die oond tot 180ÂșC en spuit ‘n klein glas bak met spray and cook.
Meng die bestanddele goed saam en sprinkel kaas bo oor.
Bak vir 35 minute tot gestol en goudkleurig.
Ek het orniganum en rooi peper bo oor gestrooi en gebak.
Sit koud of warm voor.
Resep en foto: Juanri van der Walt