IDEES MET CAMEMBERT KAAS
Lindi Botha Davis
Ek smeer myne met roomkaas (savory), sommer die hele houer en lekker dik. Sit dan op phillo deeg, ek vou myne so dat alles net bo bymekaar kom, borsel met bietjie eier of melk en bak tot goudbruin. Heerlik met beskuitjies
Letitia Paxton
Druk knoffel en rosemary in die camembert, bak in die oond. Haal uit oond gooi heuning en neute oor en geniet met broodjie
Kiti Citi
Ek het vir my seun se verlowing brooddeeg om ‘n Camembert gesit, toe die res van die bolletjies in knoffelbotter gerol en in ‘n ring gepak en gebak. Was hierdie Aussies nou vir jou gaande oor dit? Jy breek ‘n stukkie af en doop in die gesmelte kaas. Njam
Chireen Buitendag
Vat een medium ronde brood, hol hom uit, sit 2 x camembert wiele binne die holte en bak in die oond tot die kaas gesmelt het. Vat sampioene, baba aartappels in spek, bak in oond tot gaar, en gebruik dit om te doop in die kaas. Die lekkerste deel is wanneer die “kaas sous” klaar is om die uitgeholde brood in skywe te sny met die kaas wat aan die kante van die brood vas sit te eet. Yum Yum!!
Cynthia Bezuidenhout Vivian
Wrapped in wafer thin smoked ham and then into fridge for an hour then fried in non stick pan with spray of oil. Turn once only and cook until soft to touch and warmed through. Naughty but delicious with freshly baked bread.