BOTTERSKORSIE TAGLIATELLE
1×350 g pak butternut Tagliatelle
4 hoender fillets
2 uie, gesnipper
1 groen pepper, fyngesny
1 pakkie sampioene, in skyfies gesny
Sny hoender filets in blokkies.
Sprinkel genoeg bbq speserye en ½ suurlemoen se sap oor.
Braai bogenoemde alles in diep plat kastrol in bietjie olie.
Meng nou 500 ml hoender stock en 1 pakkie hoender roomsop saam.
Voeg by hoender mengsel.
Kook nou oor lae hitte.
Tagliatelle kook ek in mikrogolf.
Kook water sout en bietjie olyf olie saam.
Voeg nou tagliatelle by.
Stel mikro op 10 min en roer dan met tussen poses (hou dop dat dit nie pap kook nie, moet nog ferm wees).
Voeg nou tagliatelle by hoender mengsel, voeg sout en varsgemaalde swartpeper na smaak by en roer deur, haal van stoof af en voeg gekapte pietersielie by.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk