WAATLEMOEN RICE CRISPIES
Vir my kleindogter se eerste verjaarsdag met ‘n waatlemoenpartytjie, het ek waatlemoen-rice crispies koekies gemaak. Resep gehalveer. Een helfte pienk en die ander met groen kleursel.
3 eetlepels margarien
40 marshmallows
6 koppies Rice Crispies
Smelt margarien en marshmallows, voeg blerts kleursel, roer Rice Crispies vinnig by.
Druk vas in houer.
Kon sjokolade chips opgesit het vir “pitte”. Sny in skywe as hard en plaas in sakkies.
Resep en foto: Ria Dendum