RETHA SE BOONTJIESOP
500 g suikerboontjies
6 wortels
1 groot patat (ek gebruik oranje patats)
3 seldery stingels
2 preie (leeks)
2 uie
20 ml botter
pakkie Knorr soppoeier (Lamb & Veg)
1 skaapskenkel (lamb shank – die hele een)
250 g spek
1 groot blik tamatiepuree
Worcestershire sous
sout en swart peper na smaak
Week die boontjies in water terwyl jy besig is met voorbereiding van die res van die groente.
Kap seldery, preie en uie, plaas in drukkoker saam met botter en spek. Laat dit solank bietjie karameliseer saam met die skaapskenkel.
Gooi boontjies se water af, spoel af in nog water en voeg die boontjies by die drukkokermengsel.
Voeg kookwater by tot die drukkoker half is en die groente bedek is plus nog 5 cm water (ek het ‘n klein drukkoker, dis so ongeveer 1,2 liter water). Seel en laat stoom opbou en kook vir ongeveer 90 min (of langer – solank daar voldoende stoom uitkom en dit nie brand nie).
Skil wortels en patat en rasper fyn (voedselverwerker).
Na 90 minute, skakel drukkoker af en laat stoom afloop. Gooi die mengsel in ‘n groot sop pot saam met die wortels, patats, tamatiepuree. Kook vir 30 minute. Voeg sout en Worcestershire sous by na smaak.
Haal die skenkel uit en sny enige vleis wat nog mag vassit af en sit terug in die sop. Maak soppoeier aan met bietjie koue water en voeg by.
Sout en Swartpeper na smaak.
Bedien warm met varsgebakte brood.
Resep geplaas deur: Retha Collett