MAGDE SE KORSLOSE SOUTTERT
24 kolwynjie grootte of 2 groot terte (22 cm)
300 gram spek, fyngekap en gebraai
1 groot ui, fyngekap en saam spek gebraai
1 blik suikermielies
1 blik bully beef, fyngemaak
300 gram gerasperde kaas
20 ml fyn piersielie
100 ml koekmeel
10 ml mosterdpoeier
300 ml melk
6 groot eiers geklits
sout en peper na smaak (Ek het bietjie laventel speserye by gegooi.)
Meng alles en skep in voorbereide panne.
Bak vir kolwyntjies vir 25 minute – en 35 minute vir groot terte by 180 ºC.
Nota: Dit vries heerlik. Die kleintjies in ‘n plastiekbak met waspapier tussen in.
En die groottes net goed toemaak met glad wrap en ek’t al myne 6 weke in vrieskas gehou.
Foto en resep: Magde Van der Kolff