IDEES MET PATATS
Wilna Ruthven Davel:
Patats met muskadel:
2 kg patats
375 ml karamelsuiker
250 g botter
250 ml wit muskadel
Skrop die patats en druk goed droog. Skil die patats en sit dit in ’n bak met suurlemoenwater. Sny die patats in growwe stukke en pak ’n laag patats in ’n groot swaarboompot. Sprinkel ’n lagie suiker oor en stip met botter. Pak nog ’n laag patats, gevolg deur ’n lagie suiker en ’n paar klontjies botter. Herhaal die lae totdat die bestanddele op is.
Giet die muskadel oor en sit die pot op die stoof. Verhit tot kookpunt en verlaag dan die hitte totdat die patats saggies prut. Bedek en prut die patats baie stadig vir ongeveer 2 uur totdat die patats sag is (die kooktyd sal afhang van hoe grof die patats gesny is).
Haal die deksel af en laat die patats vir ’n verdere uur prut totdat die vloeistof amper alles afgekook en die patats gekaramelliseer is. Lewer 10 porsies.
Juanita Loubser
Patatrol:
Fyn gekookte patat. Smeer in skilferkors. Rol op en sny in skywe. Pak in oondbak. Gooi room en kaneelsuiker oor. Bak tot deeg gaar is.
Elzie Pieterse – Patat mash
Debbie du Plessis
Sny patat rou in blokkies met neutmuskaat, sout en peper.
Gooi 250 ml room oor en bak in oond teen 160ºC vir 20 min.
Roer en draai patats en bak verder vir so 10 na 15 min. Of tot sag.
Gerda Venter
Patat en spinasie gebak: Pak patats as kors in bak sit in oond en braai uie en knoffel met spinasie. Meng feta kaas met klapper melk en eiers en gooi oor spinasie en patats. Strooi Cheddar kaas bo-oor en bak in die oond. Baie lekker.
Elzette Calitz
Ek is altyd die odd-one-out ek hou nie van soet kos nie!!! So ek sny die patat in skywe nie te dik nie. Kook tot lekker sag. Gooi bietjie olyfolie in ‘n oondskottel en strooi speserye van jou keuse. Ek gebruik Ina Paarman se lemon en black pepper en veggie spice. Pak patat skywe en strooi speserye oor. Plaas in oond, bak teen 180°C tot goudbruin. Dit is heerlik!!! Die natuurlike soet van patat is nog daar maar nie oorheersend nie.
Rosina Gerber en ook foto:
My dogter gemaak ook vir ‘n snoekbraai… rou patats gesny met lae bruinsuiker, knippie sout tussenin en lemoensap oor gegooi, klontjies margarien in gesit en toegemaak met tin foelie. Bak in die oond tot sag en met mooi kleur.
Chris En Zandria Clarke
Soet patats met marsmallows:
Kook blokkies patats tot sag, sit in ‘n eetlepel botter.
Voeg stroop/heuning by tot begeerte. Strooi bietjie kaneel oor.
Vat ‘n hand vol pienk en wit marshmallows, roer in tot gesmelt… Dis hemels!
Leonie van Eeden
Ek kook my patats in sout water en dan sny ek dit in skywe. Pak in gesmeerde oondbak met klontjies botter, karamel suiker oor als gestrooi. Maar ek pak dit in lae. En dan gekrummelde gemmerkoekies bo-oor en tussen in ook. Jy kan bietjie room ook inmeng.
Madeleine Scholtz
Maak patats gaar. Pak in oond bak en krummel gemmerkoekies oor, dan gouestroop en bruinsuiker en stip met botter. Sit foil oor en bak so 30 min. Heerlik!
Mari Krige Burger
Pak geskilde patatringetjies bo-op foelie in ‘n glasbak. Stip met botter en gooi knippie sout oor en bruin suiker na smaak. Gooi Amarula (± 1 kop) oor, maak foelie toe oor dis en bak teen 180°C vir ‘n uur.
Annabell Welthagen
Ek nou net karamel patats gemaak. Kook patats in bietjie melk so 1 koppie op ‘n kilogrm patats, so bietjie suiker en 1 teelepel koeksoda en 1 eetlepel heuning. Dit kook baie sag en word mooi bruin, ek skat maar my bestanddele met die oog. Daar is resep iewers op die blad ek dink dis gestoofde patats maar dis heerlik.
Christo Wolvaardt
Gemmerkoekies onder – gekookte patats gemash bo-op koekies en dan caramel blokkies sweets bo-op, plaas in die oond tot alles gesmelt en bedien.
Zellie Vermaak
Kook sag, gooi suiker en botter oor, “mash” en sit in die oond met marshmallows bo-oor.
Pieter Coetzee
Waarvoor is die koeksoda in patats?
Annabell Welthagen
Dit help om dit bruin te maak, saam met die melk bruis dit so op en van daar af verkleur dit na bruin.
Rina Botha
Kook patas gaar, maar gooi kwart koppie room by met so 1 dessertlepel maple stroop, bruinsuiker na smaak, ‘n mespunt gemmer en knippie sout. As gaar is, gooi botter by, maak fyn of los in stukke. Bedien met rys en groen gebraaide boontjies, aartappels na jou smaak en heerlike krummel steak met ‘n monkey gland sousie.