HOE OM WARE OUTYDSE STASIE BRUIN SOUS TE MAAK
http://www.foodloversrecipes.com/2015/11/destydse-parkstasie-restaurant-bruinsous/
Ek het dit gemaak en getoets en die smaak is fantasties.
Julle moet net ‘n paar dinge in gedagte hou.
Ek het nie ertjie meel gebruik nie en doen nogsteeds nie. Dit is Kekerertjie meel wat ek gebruik het.
Soos iemand genoem het die ertjie meel van destyds en vandag proe nie dieselfde nie.
Daar is ander dinge soos bruin uie sop poeier, het dit daai jare bestaan of was dit net gebraaide uie vir smaak.
Bisto dink ek se smaak het heeltemal verander.
Daar is een groot belangrike ding as mens sous maak.
Water met net sous poeier het ‘n aaklige smaak (vir my).
Braai maalvleis of wors vir daai vetterige sous om in jou bruin sous te gooi dan kry jy smaak. Selfs daai stuk vleis wat jy in die oond bak se vetterige sous.
Destyds is wors of maalvleis gebruik. (vandag se wors en maalvleis smaak is nie dieselfde as destyds nie.)
Gaan vat maar brisket vet. Vat A graad en vat C graad en braai die twee uit. Dan besluit julle watter is die lekkerste om in sous te gooi.
Destydse maalvleis was maalvleis van regte topside en nie gemaak van trimmings of off-cuts soos baie plekke vandag maak nie en dit was ook gemaak van ouer bees so C graad. Daar is ‘n groot verskil in smaak.
Ek dink die rede hoekom vleis gemaal was en jy maalvleis en wors gekry het was omdat die vleis was te taai om net te kook en te eet. Die rede is dat C graad vleis baie taaier is as A graad. C graad is jou ouer bees en gewoonlik jou veld bees wat gras eet en nie ‘n kalf wat op kraal met allerhande goed gevoer is vir vinnige massa produksie.
Vra jouself maar. Hoekom is daai biltong met die geel vet soveel lekkerder as die biltong met wit vet. (C graad en A Graad) Selfs die sonder vet proe anders.
Ek skryf die net dat julle onthou as jy ‘n resep probeer soos in die geval probeer alle bestanddele so naby as moontlik aan die oorspronklike kry as jy dieselfde smaak probeer kry.
En onthou daai vleisie wat jy braai om mee ‘n bruin sous te maak. Brand dit maar bietjie aan vir daai ekstra geur en smaak.
Ek wonder baie wat was die idee van die ertjie of erekie meel of die chicpea.
Soos ek verstaan word chicpea in Indiese disse gebruik om die sous dik te maak.
Los dit uit en die ertjie meel en maak jou sous dik met fyn gekookte aartappels of iets anders en dit werk net so goed.
Probeer gerus.
Vat ‘n pan waarin vleis gaar gemaak is en bietjie aanbrandsel het saam met die vetterige sous van daai vleis.
Gooi bietjie water in daai pan en laat prit stadig dat die aanbrandsel los kom en smaak in daai water gee.
Dan maak jy vir jou ‘n pasta met bruin uie sop poeier en water en meng dit in daai pan met die water en laat prut tot mooi gestol.
As dit nie wil stol nie gooi ‘n lepel of so Maizena by. Ook aangemaak in pasta tekstuur.
Ek dink nie iemand sal ooit destydse bruin stasie sous gemaak kry met dieselfde smaak nie want die bestanddele van destyds se smaak het verskil met vandag se bestanddele smaak.
Maar jy kan rond speel met poeiers en vleis en naby genoeg kom aan daai smaak.
Wenke en foto geplaas deur Koos van der Merwe
Hettie Wells Berlyn
Ek het sommer gewone meel gebruik en dit is net so lekker, kon nie ertjie of kekerertjie meel kry nie