GROENTE FRITTATA MET GEBRAAIDE HOENDER REPIES IN SALTICRAX KRUMMELS
2-3 koppies groente van jou keuse gebraai (ek het seldery, rooi uie, ertjies, mielie pitte, peppadew, groen peper gebruik)
1 koppie gerasperde Cheddar kaas
8 eiers geklits met 1 koppie melk (ek het ook ½ koppie vars dik plaasroom bygeklits)
sout, peper, na smaak
Skep die gebraaide groentes in oondbak wat gespuit is met Cook amd Spray.
Gooi die eier en melk mengsel bo-oor en sprinkel die kaas bo-oor.
Bak in voorverhitte oond by 180°C vir so 30 min of tot opgepof en gaar.
Ek het in my konveksie oond gebak.
Hoender repies gemarineer in bietjie suurlemoensap, olyfolie, knoffelpoeier, rooipeper, gerookte paprika en gedroogde tiemie vir 30 min. en dan in gebreekte Salticrax beskuitjies gedruk.
Laat staan in yskas vir so 15 min voordat in vlak olie teen medium temperatuur gebraai word tot hoender net gaar.
Foto: Elsabie Templeton