GRANADILLA EN SJOKOLADE KOEKSTRUIF
1 sponskoek
1 blik (380 g) karamel kondensmelk
12 ryp granadillas se pulp of jy kan die granadilla pulp in die blikkies ook gebruik (ongeveer 3 blikkies)
1 L (4 koppies) Griekse jogurt
4 (32 g elk) Flake-sjokoladestafies, gekrummel
Sny die sponskoek in stukke en pak die helfte daarvan in ’n groot, diep glasbak.
Skep die helfte van die karamel bo-op die koek, gevolg deur die granadillapulp.
Skep die helfte van die jogurt bo-oor en sprinkel van die Flake bo-op die jogurt.
Herhaal met die res van die bestanddele en eindig met sjokolade en granadillapulp.
Laat staan ’n uur of oornag in die yskas.
Foto: Marika Tegmann