BIRYANI-BOBOTIE
500 g maalvleis
1 gekapte ui
1 blikkie gemengde groente
1 blikkie lensies in soutwater of ongeveer 2 koppies saggekookte lensies
1 koppie rou rys, gaar gekook.
1 teelepel malay kerriepoeier mengsel (by Malay spesery winkels verkrygbaar)
1 teelepel matige Cartwrights kerriepoeier
1 teelepel borrie
1 teelepel cumin poeier
1 teelepel karamonk poeier (by Malay spesery winkels verkrygbaar)
1 teelepel fyngemaakte knoffel
1 pakkie savoury mince cook in sauce poeier
(Die hoeveelheid speserye en veral die kerrie, kan aangepas word na jou smaak)
400 ml water
2 eiers
½ koppie melk
blatjang om bo-oor te smeer
Braai die uie in ‘n bietjie olie in ‘n kastrol tot sag. Voeg die maalvleis by en braai tot dit verbruin. Meng die pakkie cook in sauce poeier, asook al die speserye met 400 ml water en giet by die maalvleis, saam met die gedreineerde gemengde groente. Prut vir 10 minute oor lae hitte en roer gereeld. Skep lae maalvleis, gaar rys en lensies in ‘n oondbak en eindig met ‘n laag maalvleis.
Smeer ‘n dun lagie chutney van jou keuse oor die vleis.
Klits die eiers en meng met die melk.
Giet oor die maalvleis en bak by 190ºC vir ongeveer 20 tot 30 minute tot die eier gestol het.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete