ANMARIE SE GEBAKTE KAASKOEK
Kors :
100 ml botter
175 ml koekmeel
100 ml suiker
5 ml bakpoeier
2 eiers
knippie sout
Klop botter en suiker tot romerig. Roer eiers een vir een by.
Sif droë bestanddele by en meng deeglik.
Smeer in panne met agterkant van lepel.
Kaaskoek:
4 jumbo eiers
250 ml suiker
60 ml suurlemoensap
3 houers gladde maaskaas
250 ml room
125 ml koekmeel
Klits eiers en suiker tot lig en romerig.
Roer res van bestanddele by en meng goed.
Giet beslag in voorbereide pan.
Bak vir 10 min in voorbereide oond 180ºC.
Verlaag temp na 140ºC en bak verder vir 1 uur.
Skakel oond af en laat afkoel in oond.
Resep geplaas deur Anmarie Watney
Foto: Elaine Steyn Steyn – Die bogenoemde vulsel is gebruik en het dit vir ongeveer 2 ure gebak in ‘n waterbad.
Gebak met tuisgemaakte maaskaas http://www.foodloversrecipes.com/2015/05/maaskaas-roomkaas/
Kors resep wat ek gebruik het:
2 koppies meel
1/2 koppie suiker
1 eier
100 g margarien
1 teelepel bakpoeier
30ml olie
Vryf botter in droë bestanddele, meng olie en eier by. Meng goed om deeg te vorm.
Druk vas onder en kante van losboompan. Nie nodig om eers te bak nie, kan vulsel net so insit en die kaaskoek bak.
Resep: Johan van Lelyveld
geskuif