1

VOLKORINGSKONS


VOLKORINGSKONS
Die is vinnig en maklik.
600 ml nutty wheat
20 ml bakpoeier
2 ml sout
1 eier
75 ml melk en water
25 ml heuning
50 ml kookolie

Meng meelblom, bakpoeier en sout in bak. Klits res van bestanddele saam en roer by meelmengsel in tot sagte deeg. Keer op meelbestrooide oppervlak en druk tot in bal vorm. Plaas op geoliede bakplaat. Smeer oppervlak met melk of eier en sny met mes in 8 driehoeke.
Bak by 220ºC in vooraf verhitte oond vir 12 minute.
Ek so heimwee gehad, my ma blind en rolstoel gebonde. Sy het dit so baie op ‘n Sondagmôre gemaak.
Foto en resep:  Nina Meyer