RICHMOND RIB
1 kg lamsribbetjie
sout en peper
250 ml tamatiesous
125 ml asyn
200 ml suiker
5 ml Tobasco
Vryf die ribbetjie in met sout en peper na smaak.
Braai dit oor matige kole, of hang dit sommer langs die vuur totdat dit gaar is.
Kook intussen die res van die bestanddele vir 5 minute.
Plaas die ribbetjie in die sous en sit dit terug op die kole vir ongeveer 15 minute.
Gebruik ’n kwas om die ribbetjies met die orige sous te verf.
Foto: Liza-Mari Rheeders