OMELETTE KOLWYNTJIES


OMELETTE KOLWYNTJIES
‘n halwe ui, fyngekap
‘n halwe rooi peper, fyngekap
‘n halwe geel peper, fyngekap
5 sampioene, fyngekap
1 koppie kaas (ek het Gouda en Mozzarella gemeng)
6 eiers
125 ml melk
½ teelepel bakpoeier
sout en peper na smaak

Stel die oond op 180ºC. Spuit ‘n kolwyn pannetjie met spray ‘n cook. Braai die uie, pepers en sampioene in bietjie olie of botter tot die uie deurskynend is. Pak die mengsel onder in  die muffin pannetjie. Strooi die kaas bo-oor. Klits die eiers, melk, bakpoeier, sout en peper saam en gooi bo-oor die kaas. Ek het die pannetjie vol gegooi. Bak in die oond tot die eier gaar is. Ek skat so tussen 15 tot 20 min. Die resep is genoeg vir 6 muffins. Ek het dit bedien saam met toast en vars avo.
Resep en foto: Juanita Vermeulen