ALTA SE LAMSKENKELS
6 skenkels
½ koppie goeie rooiwyn (ek het Merlot gebruik)
1 takkie roosmaryn
1 takkie tiemie
6 heel uie
sap van 1 suurlemoen
1 klein blikkie tamatiepasta
braai en steak and chops speserye
koekmeel
olie vir vlak braai
Smeer speserye in skenkels in, rol in koekmeel en braai skenkels alkante, haal uit en pak skenkels in groot oondbak. Meng wyn, water, suurlemoensap en tamatiepasta en gooi oor die skenkels in die oondbak, sit die uie, roosmaryn en tiemie by en bak vir ±2 ure met deksel of tot lekker sag by 180ºC.
Foto en resep: Alta Gunter Van Dyk