TAMATIE PILCHARDS SPAGHETTI GEREG
2 blikkies pilchards in tamatiesous
1 groot ui, fyngekap
4 toontjies knoffel, fyngekap
1 blikkie tamatie relish
1 broot sakkie tamatie paste
2 eetlepels suiker of na smaak
bietjie droë basil en origanum
3/4 pak spaghetti, gekook en afgespoel
genoeg kaas vir bo-op pasta
Haal graatjies en goed uit vissies uit.
Ek het die sous behou. Maak fyn.
Braai die ui tot lekker bruin en voeg knoffel by en braai so 1 minuut.
Meng die vissous met blikkie tamatie relish en sakkie paste saam.
Voeg suiker en bietjie water by en meng weer. So halwe k water.
Voeg die sousmengsel by uie en laat prut.
Voeg die fyngemaakte vis by die sousmengsel. Voeg bietjie sout en peper by en prut so vir 2 minute.
Skep die spaghetti in oondvaste bak.
Skep die vismengsel bo-oor en meng liggies.
Strooi genoeg kaas bo-oor en bak tot net gesmelt. Voorverhitte oond 190°C.
Haal uit oond anders droog sous op.
Lekker saam met groenslaai.
Foto en resep: Ronell Muller Boshoff