SUSANNA SE PIESANGBROOD
8 eetlepels botter
1 koppie suiker
3 piesangs, fyngemaak
2 eiers, geklits
½ teelepel sout
1 teelepel koeksoda
1 ¼ koppie koekmeel
1 teelepel vanielje
½ koppie gekapte pekanneute
100 g gesnipperde kersies
Meng die botter en suiker saam. Voeg die piesangs by en meng goed. Sit die eiers, sout, vanielje en koeksoda by en meng goed. Meng die meel by. Sit die pekaneute en kersies by en meng goed. Giet in ‘n gesmeerde broodpan. Bak vir 55 minute teen 180°C of tot toetspen skoon uitkom.
Nota:
Ek bak in gas oond op so 200°C hou maar net dop.
Dis ook vinnige broodjie ek het nou al paar keer gebak en elke keer ‘n sukses nog nooit geflop nie.
Foto: Susanna Kruger